Twee head to Malkop Rock Festival

Image provided.

Image provided.

Twee is a group that has enchanted SA with their uplifting music. This versatile duo will  be heading to the Malkop Summer Rock Festival this December. We spoke to them about the festival and what the pair have been up to recently.

Julle is tans besig om ‘n nuwe musiek video te skiet. Hoe het julle die proses so ver ervaar?

Dit is baie opwindend! Dit is die eerste keer wat ons (wel, Herman…) self alles doen. Dit is ongelooflik hoe baie mens kan regkry met die beskikbare tegnologie! Ons lag baie en lyk belaglik, want ons sing dit dubbel spoed sodat dit lyk of ons in “real time” “slow-mo” beweeg. Dit is die lekkerste uitdaging ooit!

Julle gaan binnekort by die Malkop Fees optree. Wat is julle verwagtinge van die fees self?

Die fees spreek vanself – dit gaan mal wees!!

Wat kan aanhangers verwag van julle optrede by die fees?

Ons het die jaar ons CD, Piekniek vir Twee bekendgestel so ons sal die meerderheid ons liedjies daarvan af speel, maar met ‘n lekker paar nuwe treffers tussen in, wat ons volgende jaar op ons nuwe CD gaan sit.

Het julle enige persoonlike doelwitte vir julle optrede by die fees?

Ag, om ‘n CD te verkoop so nou en dan is nogal lekker, maar verder soek ons net die lekker mense om saam met ons te skoffel, op ons musiek, en na dit tyd saam met al die ander bands en feesgangers!

Julle het ‘n hele klompie optredes uigevoer deur die jaar. Wat was julle gunsteling optrede van 2016 so ver?

Dit is onmoontlik om een uit te sonder. Elke liewe optrede het sy eie iets wat sal maak dat ‘n mens dit altyd sal onthou. Daar was wel een aand by Wellington in die Bordinghuis wat die hele gehoor omtrent elke woord van elke liedjie saamgesing het, wat ‘n eerste en ongelooflike belewenis was. Daar was ook ‘n Boer show wat ons oor die 50 CD’s verkoop het wat fantasties was. En ons het by SA se eie Red Rocks gespeel – Bushmans Cave, wat asemrowend was: jy sing onder ‘n kombers van sterre met ‘n ongelooflike gehoor op ‘n rots wat voor ‘n grot staan wat Khoi-san tekeninge bewaar. Ag, en ons kan aangaan en aangaan en aangaan!

Hoe berei julle voor vir lewendige optredes?

Ons pak al ons goed in. Ry na die spesifieke plek toe. Daag op. Stel op. En… Speel.

Julle het onlangs ‘n nuwe album vrygestel. Hoe sou julle die album beskryf?

Dit is ‘n produk waarop ons ongelooflik trots is en hoop die gehoor geniet elke sekonde daarvan. Dit was absoluut ‘n fees om op te neem saam met ongelooflike vriende (en uitmuntende musikante) soos: Renate Riedemann (Dogters van man en Sterling EQ), Henry Steel (Karen Zoid), Danie du Toit (Spoegwolf), Basson Loubser en Pierre Theron van Mr Cat and the Jackal, wat ons CD vir ons opgeneem het, het self sommer ‘n stukkie kitaar getokkel! Dit is ons eerste een, so hy sal altyd spesiaal wees.

malkop-poster